Afrikaans Bible

2 KRONIEKE 11

2 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 12

1

 En toe Reh beam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom. 

2

 Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Reh beam, teen Jerusalem opgetrek -- omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het -- 

3

 met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: L¡biërs, Sukkiete en Kusiete. 

4

 En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom. 

5

 Daarop kom die profeet Sem ja na Reh beam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Julle het My verlaat; daarom gee k julle ook oor in die hand van Sisak. 

6

 Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die HERE is regverdig. 

7

 En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Sem ja en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie. 

8

 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken! 

9

 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem. 

10

 Toe maak koning Reh beam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak. 

11

 So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers. 

12

 Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die HERE van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge. 

13

 En koning Reh beam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Reh beam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese. 

14

 En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die HERE te soek nie. 

15

 En die geskiedenis van Reh beam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Sem ja en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Reh beam en Jerobeam. 

16

 En Reh beam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ab¡a het in sy plek koning geword. 

2 KRONIEKE 13

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: