Afrikaans Bible

JOB 30

JOB

Return to Index

Chapter 31

1

 Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou? 

2

 Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes -- 

3

 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie? 

4

 Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie? 

5

 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog: 

6

 laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet! 

7

 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het -- 

8

 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word. 

9

 As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste -- 

10

 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig. 

11

 Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad. 

12

 Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel. 

13

 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het -- 

14

 wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen? 

15

 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie? 

16

 As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het 

17

 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet; 

18

   

19

 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie; 

20

 as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie; 

21

 as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het -- 

22

 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word. 

23

 Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig. 

24

 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue! 

25

 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het; 

26

 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan, 

27

 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het -- 

28

 ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het. 

29

 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het; 

30

   

31

 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie? 

32

   

33

 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, 

34

 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie! 

35

 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het! 

36

 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans. 

37

 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom. 

38

 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween; 

39

 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het -- 

40

 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job. 

JOB 32

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: