Afrikaans Bible

PSALMS 91

PSALMS

Return to Index

Chapter 92

1

 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag. 

2

 Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste, 

3

 om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte; 

4

 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter. 

5

 Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande. 

6

 Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes! 

7

 'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie: 

8

 as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg. 

9

 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE! 

10

 Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word. 

11

 Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf. 

12

 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan. 

13

 Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die L¡banon. 

14

 Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God. 

15

 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, [ (Psalms 92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie. ] 

PSALMS 93

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: